Joshua 7:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Israel het gesondig, en hulle het ook my verbond wat Ek hulle beveel het, oortree; want hulle het selfs van die bangoed geneem en ook gesteel en ook verskrik, en hulle het dit onder hulle eie goed gesit.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel het oortree. Hulle het my ooreenkoms verbreek wat Ek met hulle gemaak het. Hulle het van die goed van die ban gevat. Hulle het daarvan gesteel. Hulle het daaroor gelieg en dit by hulle goed gaan wegsteek.
Afrikaans 1933/1953 Israel het gesondig en het ook my verbond oortree wat Ek hulle opgelê het, en ook geneem van die bangoed en ook gesteel en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg.
Afrikaans 1983 Israel het gesondig en my verbond wat Ek hulle opgelê het, verbreek. Hulle het van die goed wat aan My gewy is, gevat, hulle het gesteel, hulle het gelieg en van die goed by hulle s'n gesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Israel het gesondig. Hulle het my verbond wat Ek hulle beveel het, oortree, asook van die bangoed geneem, dit gesteel en daaroor gelieg, en dit boonop by hulle goed gevoeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het sonde gedoen, hulle het ook verkeerd gedoen teen my verbond wat Ek met hulle gemaak het. Hulle het van die gewyde goed gevat, hulle het dit gesteel en hulle het dit skelm by hulle eie goed gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Israel het sonde gedoen! Hulle het die ooreenkoms verbreek wat Ek met hulle gemaak het. Hulle het van die goed wat vir My opsy gesit is, vir hulleself gevat. Hulle het My besteel!