Joshua 6:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die gewapende manne het voor die priesters uit gegaan wat op die ramshorings geblaas het, en die beloning het agter die ark aan gekom, terwyl die priesters voortgegaan het en op die ramshorings geblaas het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl die priesters heeltyd op die ramshorings geblaas het, het die soldate voor hulle uit marsjeer. Die res van die volk het agter die ark gevolg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die gewapendes het ook voor die priesters getrek wat op die horings geblaas het, terwyl die agterhoede agter die ark aan gaan en daar gedurig op die horings geblaas word. |
| Afrikaans 1983 | Die gewapende manne het voor die priesters geloop wat die ramshorings blaas, en die agterhoede het die ark gevolg. Terwyl hulle loop, het die ramshorings geblaas. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die gewapende manne het voor die priesters wat op die ramshorings blaas, geloop, terwyl die agterhoede die ark volg. Daar is aanhoudend op die ramshorings geblaas. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne wat wapens gehad het, het voor die priesters geloop, en die ander mense het agter die kis geloop. Die priesters het aangehou om die ramshorings te blaas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |