Joshua 6:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Josua met die volk gespreek het, het die sewe priesters wat die sewe ramshorings dra, voor die aangesig van die HERE gegaan en op die ramshorings geblaas, en die verbondsark van die HERE het hulle gevolg.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Josua klaar met die volk gepraat het, het die sewe priesters met die ramshorings voor die ark van die Here begin loop. Hulle het op die ramshorings geblaas. Die ark van die verbond van die Here het agter hulle aan gekom.
Afrikaans 1933/1953 En net toe Josua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die aangesig van die HERE en geblaas op die horings, terwyl die verbondsark van die HERE agter hulle aan gaan.
Afrikaans 1983 Josua was nog besig om met die manskappe te praat, toe kom die sewe priesters wat elkeen 'n ramshoring voor die ark van die Here uit moes dra, verby en blaas die ramshorings terwyl die verbondsark van die Here agter hulle aan kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net toe Josua dit vir die manskappe gesê het, het die sewe priesters wat die horings van sewe ramme voor die Here dra, opgetrek en op die ramshorings geblaas, terwyl die verbondsark van die Here hulle volg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het gebeur soos Josua vir die mense gesê het. Die sewe priesters wat elkeen 'n ramshoring gedra het, het voor die kis geloop en hulle het die ramshorings geblaas. Agter hulle het die priesters geloop wat die verbondskis van die Here gedra het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [8-9] En toe, net soos Josua beveel het, het die mense voor die ark begin stap met die sewe priesters wat op die sewe trompette blaas op hulle hakke, gevolg deur die verbondsark van die Here en die agterhoede. Die priesters het die hele tyd op die trompette geblaas.