Joshua 6:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as hulle lank met die ramshoring blaas, en as julle die geluid van die basuin hoor, sal die hele volk met 'n groot geroep skreeu; en die muur van die stad sal plat val, en die volk sal opklim, elkeen reg voor hom uit.
Afrikaans (NLV) 2011 Sodra julle hoor dat die priesters ’n uitgerekte sein op die ramshorings gee, moet almal ’n harde kreet gee. Die stad se muur sal dan inmekaarstort. Die manskappe kan dan daaroor klim om in die stad in te gaan.”
Afrikaans 1933/1953 en as hulle lang geluide op die ramshoring blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk 'n groot krygsgeskreeu aanhef: dan sal die stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet inklim, elkeen reg voor hom uit.
Afrikaans 1983 en sodra die ramshorings blaas en julle dit hoor, moet al die manskappe die aanvalskreet hard uitskreeu. Die muur van die stad sal dan inmekaar stort en die manskappe kan oorklim, elkeen reguit vorentoe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En wanneer daar lank op die horing van die ram geblaas word, moet al die manskappe, sodra julle die geluid van die ramshorings hoor, 'n baie harde oorlogskreet aanhef. Die stadsmuur sal dan ineenstort, en die manskappe moet bo-oor klim, elke man reg voor hom uit.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die priesters die ramshorings lank aanmekaar blaas, en julle hoor dit, dan moet al die manne hard skree om die oorlog te begin. Die muur van die stad sal dan omval, en die manne moet opklim, elkeen moet reguit vorentoe gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sodra julle die priesters op die trompette hoor blaas, moet almal die aanvalskreet hard uitskree. Dan sal die mure van die stad inmekaarval sodat julle maklik in die stad kan ingaan om dit te oorrompel.”