Joshua 6:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet die stad omsingel, al julle krygsmanne, en een maal om die stad gaan. So moet jy ses dae doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die soldate moet een keer rondom die stad marsjeer. Doen dit vir die volgende ses dae. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle moet dan om die stad trek, al die krygsmanne; trek die stad een maal om; so moet jy doen ses dae lank. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet om die stad loop; al die manne onder wapen moet een maal om die stad gaan, en dit moet julle ses dae lank doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet om die stad trek, al die krygsmanne. Jy moet een keer om die stad gaan. Ses dae lank moet jy só maak: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet om die stad loop, almal wat kan oorlog maak. Julle moet ses dae lank elke dag een maal om die stad loop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy en al jou soldate moet elke dag, vir ses dae, reg om die stad loop. |