Joshua 6:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua het hulle in dié tyd besweer en gesê: Vervloek is die man voor die aangesig van die HERE wat opstaan en hierdie stad Jerigo bou; hy sal die fondament daarvan lê in sy eersgeborene, en in sy jongste seun sal hy sy poorte oprig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In daardie tyd het Josua ’n eed afgelê: “Die Here vervloek die man wat die stad Jerigo probeer herbou. As hy weer sy fondament probeer lê, sal dit hom sy oudste seun kos. As hy die deure van die poorte weer probeer insit, gaan hy sy jongste seun verloor.” |
| Afrikaans 1933/1953 | In die tyd het Josua hulle laat sweer met die woorde: Vervloek is die man voor die aangesig van die HERE wat sal opstaan om hierdie stad J,rigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit. |
| Afrikaans 1983 | Josua het destyds plegtig verklaar: “Die Here sal die man straf wat dié stad, Jerigo, probeer herbou. Dit sal hom sy oudste seun kos as hy die fondament lê en sy jongste as hy die poortdeure hang.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua het in daardie tyd 'n eed afgelê: “Vervloek voor die Here is die man wat opstaan en hierdie stad, Jerigo, herbou: Ten koste van sy eersgeborene sal hy die fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy die poortdeure oprig.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In daardie tyd het Josua met die mense gepraat en hy het gesê die Here is die getuie. Josua het gesê: “Ek vervloek die man wat probeer om hierdie stad Jerigo weer te bou. Sy oudste seun sal sterf wanneer hy die fondamente van die stad bou, en sy jongste seun sal sterf wanneer hy die poorte se deure insit.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het Josua ernstig gewaarsku: “Die Here sal die mens wat die stad Jerigo probeer herbou, beslis straf. Dit sal die lewe van sy oudste seun kos om die fondamente te herbou en as hy die deure van die hekke hang, sal sy jongste seun sterf.” |