Joshua 6:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua het Ragab, die hoer, en haar vader se huisgesin en alles wat sy gehad het, in die lewe gebring; en sy het in Israel gewoon tot vandag toe; omdat sy die boodskappers versteek het wat Josua gestuur het om Jerigo te verken. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So het Josua die prostituut Ragab en haar familie wat saam met haar in die huis was, laat bly leef. Sy het haar tussen die Israeliete gevestig tot vandag toe. Sy het die mans wat Josua gestuur het om Jerigo te gaan verken, weggesteek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie en almal wat aan haar behoort het; sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om J,rigo te verken. |
| Afrikaans 1983 | Josua het die prostituut Ragab en haar familie, al haar mense, laat lewe. Sy het tussen die Israeliete gewoon, en haar nageslag woon nou nog hier, omdat sy die manne vir wie Josua gestuur het om Jerigo te verken, weggesteek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar vir Ragab, die prostituut, en haar familie – almal wat by haar hoort – het Josua laat leef. Sy het in Israel bly woon tot vandag toe, omdat sy die boodskappers wat Josua gestuur het om Jerigo te verken, versteek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua het vir Ragab en haar familie, al haar mense, laat aanhou lewe. Sy het tussen die Israeliete gewoon, en haar nageslag woon nou nog hier, want sy het die boodskappers weggesteek wat Josua gestuur het om te kyk hoe die land is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Josua het Ragab die prostituut en al haar familie wat by haar was laat leef, omdat sy die spioene wat hy gestuur het om Jerigo te verken weggesteek het. Haar nageslag is nou nog deel van Israel. |