Joshua 6:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die stad met vuur verbrand en alles wat daarin was: net die silwer en die goud en die koper- en ystervoorwerpe het hulle in die skatkamer van die huis van die HERE gesit.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die stad met alles wat daarin was, verbrand. Die goed wat van silwer en goud gemaak was en die brons- en ystergoed het hulle egter in die skatkis van die Here se heiligdom gaan sit.
Afrikaans 1933/1953 En die stad met alles wat daarin was, het hulle met vuur verbrand; net die silwer en die goud en die koper-- en ystervoorwerpe het hulle by die skat van die huis van die HERE gevoeg.
Afrikaans 1983 Die stad met alles daarin is verbrand, net die silwer en goud en die brons- en ystergoed is in die skatkis van die huis van die Here gesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die stad en alles wat daarin was, het hulle afgebrand. Net die silwer, die goud en voorwerpe van brons en yster het hulle oorhandig vir die skatkamer van die huis van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne het die stad en alles wat daarin was, verbrand. Hulle het net die silwer en die goud en die goed van brons en yster in die stoorkamer van die tempel gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het hulle die stad met alles wat daarin was, tot op die grond afgebrand. Net die artikels van goud, silwer, brons en yster is uitgehou vir die skatkis in die Here se huis.