Joshua 6:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die jongmanne wat spioene was, het ingegaan en Ragab en haar vader en haar moeder en haar broers en alles wat sy gehad het, uitgelei; en hulle het al haar geslagte uitgebring en hulle buitekant die laer van Israel agtergelaat. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die twee verkenners het gegaan en vir Ragab, haar pa en ma, haar broers en hulle gesinne en haar familie uitgebring. Die mans het hulle na ’n veilige plek buite die kamp van Israel gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die jongmanne, die spioene, het toe ingegaan en Ragab met haar vader en haar moeder en haar broers en almal wat aan haar behoort het uitgebring -- al haar familiebetrekkinge het hulle uitgebring en hulle buitekant die laer van Israel laat bly. |
| Afrikaans 1983 | Die verkenners het toe gegaan en vir Ragab, haar pa en ma, haar broers en al haar mense, haar hele familie, uitgebring en vir hulle 'n plek buite die kamp van Israel ingerig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die jong manne wat die verkenners was, het toe gegaan en Ragab, haar vader en moeder, haar broers en almal wat by haar hoort, na buite gebring. Haar hele familiegroep het hulle na buite gebring en hulle buite die kamp van Israel laat bly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die jongmanne wat gaan kyk het hoe die land is, het gegaan en hulle het vir Ragab, haar ouers, haar broers en al haar mense, haar hele familie, uitgebring. Die jongmanne het hulle buite die kamp van die Israeliete laat bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mans het toe vir Ragab, haar pa, haar ma, haar broers en susters en al haar ander familielede wat by haar was, uit die stad gelei en hulle na ’n veilige plek naby die Israeliete se kamp toe gebring. |