Joshua 6:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het alles wat in die stad was met die banvloek getref, man sowel as vrou, jonk en oud, en bees en kleinvee en esel, met die skerpte van die swaard.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het alles in die stad met die swaard uitgewis: mans en vroue, oud en jonk, selfs die beeste, die skape en die donkies.
Afrikaans 1933/1953 En alles wat in die stad was, het hulle deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref, man sowel as vrou, jonk sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe.
Afrikaans 1983 en al wat daarin is, uitgedelg, man en vrou, jonk en oud, selfs die beeste, die skape en die donkies.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en alles wat in die stad was, deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref – van man tot vrou, kind tot oumens, ja, selfs die beeste, skape en donkies.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het almal en alles in die stad doodgemaak, mans en vroue, jongmense en oumense, beeste, skape en donkies.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het alles vernietig wat in die stad was. Mans en vroue, jonk en oud, beeste, skape, donkies, alles is voor die voet tot niet gemaak.