Joshua 6:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet julle in elk geval bewaar van die bangoed, dat julle nie vir julleself vervloek word as julle van die bangoed aanneem en die laer van Israel 'n vloek maak en dit vervloek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bly weg van die goed wat vernietig moet word sodat julle nie julleself onder die ban bring nie. Moenie enigiets vat van die goed wat aan die Here behoort nie. Julle sal die kamp van Israel ’n banvloek maak. Julle sal onheil daaroor bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar weerhou julle van wat aan die Here behoort. Moet niks vat van wat aan Hom behoort en vernietig moet word nie, anders maak julle dat die kamp van Israel self vernietig moet word en bring julle die dood daaroor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bly net weg van die bangoed, anders neem julle van die bangoed terwyl julle die stad met die banvloek tref. Julle sal die kamp van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En onthou, julle moet versigtig wees met alles wat aan die Here gewy is, julle moenie iets vat wat aan die Here gewy is nie. As julle dit doen, dan sal die kamp van Israel ook aan die Here gewy wees, en dan bring julle die dood in die kamp. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle mag niks van dit wat aan die Here behoort en wat vernietig moet word, vir julleself vat nie. As julle dit doen, sal dit groot probleme veroorsaak en dan sal die kamp ook vernietig word. |