Joshua 6:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die stad sal vervloek wees, ook sy en alles wat daarin is, aan die HERE: net Ragab, die hoer, sal lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat ons gestuur het, weggesteek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die stad is ’n banoffer vir die Here. Die stad en alles wat daarin is, moet heeltemal uitgewis word. Die prostituut Ragab en almal wat by haar in die huis is, moet bly lewe. Sy het die verkenners wat ons uitgestuur het, weggesteek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die stad met al wat daarin is, moet 'n banoffer aan die HERE wees; net Ragab, die hoer, mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was, weggesteek het. |
| Afrikaans 1983 | Dit moet heeltemal uitgedelg word as banoffer vir die Here: die stad en al wat daarin is, behoort aan die Here. Net die prostituut Ragab mag lewe, sy en almal by haar in die huis, want sy het die verkenners wat deur ons uitgestuur is, weggesteek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die stad en alles wat daarin is, is onder die ban vir die Here. Net Ragab, die prostituut, mag leef, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat ons gestuur het, versteek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle moet die stad en alles wat daarin is, aan die Here wy en julle moet dit verwoes. Net die prostituut Ragab en almal by haar in haar huis mag aanhou lewe, want sy het ons boodskappers weggesteek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die stad en alles wat daarin is, moet egter totaal vernietig word as ’n offer aan die Here. Net Ragab die prostituut en haar mense mag bly lewe omdat sy ons spioene weggesteek het. |