Joshua 6:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die sewende dag het hulle vroeg opgestaan teen die aanbreek van die dag en die stad op dieselfde manier sewe maal omgetrek; maar op dié dag het hulle die stad sewe maal omgetrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Op die sewende dag het hulle vroeg opgestaan toe dit nog skemer was. Hulle het oudergewoonte om die stad gegaan, maar op hierdie dag sewe keer.
Afrikaans 1933/1953 Maar op die sewende dag het hulle vroeg klaargemaak toe die rooidag uitkom, en die stad op dieselfde manier sewe maal omgetrek; net maar die dag het hulle die stad sewe maal omgetrek.
Afrikaans 1983 Die sewende dag het hulle vroeg, toe die rooidag breek, begin. Hulle het sewe maal om die stad gegaan, in dieselfde volgorde as tevore. Daardie dag het hulle dus sewe maal om die stad gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die sewende dag het hulle vroeg, toe die rooidag breek, opgestaan en op dieselfde manier sewe keer om die stad getrek. Net op daardie dag het hulle sewe keer om die stad getrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op die sewende dag het hulle vroeg opgestaan toe dit begin lig word, en hulle het dieselfde gedoen, maar hulle het toe sewe maal om die stad geloop. Hulle het net op hierdie sewende dag sewe maal om die stad geloop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die sewende dag het hulle met dagbreek opgestaan en soos gewoonlik op dieselfde manier om die stad geloop. Maar op hierdie dag het hulle sewe keer om die stad geloop.