Joshua 6:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die ark van die HERE het die stad omsingel en een maal daarheen gegaan, en hulle het in die laer ingegaan en in die laer vernag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die ark van die Here toe een maal om die stad laat gaan. Daarna is hulle terug na hulle kamp toe en het die nag in die kamp gebly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die ark van die HERE om die stad getrek, een keer rondom; daarna het hulle in die laer gekom en in die laer die nag oorgebly. |
| Afrikaans 1983 | Josua het die ark van die Here toe om die stad laat gaan. Toe dit een maal om was, het hulle na die kamp toe teruggegaan en die nag in die kamp deurgebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua het die ark van die Here om die stad laat trek. Dit het een keer om die stad gegaan. Daarna het hulle na die kamp teruggegaan en in die kamp oornag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesters het die kis van die Here een maal om die stad gedra, en toe hulle by die kamp kom, het hulle die nag daar gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het op daardie dag die ark van die Here een maal om die stad gedra. Daarna is hulle terug kamp toe vir die nag. |