Joshua 6:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josua het aan die volk bevel gegee en gesê: Julle mag nie skreeu of met julle stem raas nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan tot op die dag wat ek julle beveel om te skreeu nie; dan moet julle skreeu.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het die volk gewaarsku: “Moenie skreeu nie. Moenie ’n geluid maak nie. Daar moenie ’n woord uit julle mond kom voor die dag dat ek vir julle sê: ‘Skreeu!’ nie. Dan moet julle hard begin skreeu.”
Afrikaans 1933/1953 En Josua het aan die volk bevel gegee en gesê: Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan nie tot op die dag dat ek vir julle sê: Skreeu! dan moet julle skreeu.
Afrikaans 1983 Josua het die manskappe beveel: “Julle moenie skreeu of 'n geluid laat hoor nie; nie 'n woord moet uit julle mond kom voor die dag dat ek vir julle sê: ‘Skreeu!’ nie, dan moet julle skreeu.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan die manskappe het Josua die opdrag gegee: “Julle mag nie 'n oorlogskreet aanhef en julle stemme laat hoor nie. Daar mag nie 'n woord uit julle monde kom nie, tot die dag dat ek vir julle sê, ‘Skreeu!’ dan moet julle die oorlogskreet aanhef.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het vir die manne gesê: “Julle moenie skree nie, julle moet stilbly. Daar moenie 'n woord uit julle mond kom voordat ek vir julle sê nie, dan moet julle hard skree.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Moenie skree nie; moenie eens praat nie,” het Josua beveel. “Ek wil nie ’n woord van enigeen van julle hoor totdat ek julle beveel om te skree nie. Dan moet julle skree!”