Joshua 6:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jérigo was streng toegesluit ter wille van die kinders van Israel; niemand het uit- en niemand ingekom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jerigo se poorte was dig gesluit omdat hulle bang was vir die Israeliete. Niemand het dit gewaag om in of uit te gaan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar J,rigo het die poort gesluit en gesluit gebly vanweë die kinders van Israel; niemand het uit-- of ingegaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Jerigo was gesluit en verskans teen die Israeliete; niemand het uitgegaan of ingekom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jerigo se poorte was egter dig gesluit vanweë die Israeliete; niemand het daar uitgegaan of ingegaan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die stad Jerigo was toe. Die poorte was gesluit sodat die Israeliete nie kon inkom nie. Niemand het uit die stad gegaan nie en niemand het ingekom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jerigo se stadsdeure is deeglik gesluit. Daar was nêrens plek om in te kom nie, so bang was die mense vir die Israeliete. Niemand is toegelaat om in of uit te gaan nie. |