Joshua 5:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Josua: Vandag het Ek die smaad van Egipte van jou weggerol. Daarom word die naam van die plek Gilgal genoem tot vandag toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het vir Josua gesê: “Ek het vandag julle vernedering van Egipte van julle af weggerol.” Josua het daardie plek toe Gilgal genoem. Dit is vandag nog sy naam. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die HERE vir Josua gesê: Vandag het Ek die smaad van Egipte van julle afgewentel. Daarom het hulle die plek Gilgal genoem tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir Josua gesê: “Vandag het Ek julle bevry van die smaad wat van Egipte se tyd af op julle rus.” Josua het die plek toe Gilgal genoem. Dit is vandag nog die naam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Josua gesê: “Vandag het Ek die bespotting van Egipte van julle afgewerp.” Daarom is die naam van hierdie plek Gilgal; dit is vandag nog so. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Josua gesê: “Julle was slawe in Egipte, maar Ek het vandag die skande weggeneem van julle.” Daarom het die Here daardie plek Gilgal genoem, en dit is vandag nog die plek se naam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê die Here vir Josua: “Vandag bevry Ek julle van die vernedering wat julle beleef het as slawe in Egipte.” Daarom is die plek Gilgal genoem, die naam wat dit nog steeds het. |