Joshua 5:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle kinders wat Hy in hulle plek laat opstaan het, hulle het Josua besny, want hulle was onbesnede, omdat hulle hulle nie op die pad besny het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het nou hulle kinders besny wat in hulle plek gekom het. Hulle was nog nie besny nie. Hulle is ook nie langs die pad besny nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar in hulle plek het Hy hul seuns gestel; die het Josua besny; want hulle was onbesnede, omdat hulle op pad nie besny is nie.
Afrikaans 1983 Hy het daardie mense se kinders in hulle plek gestel en vir hulle het Josua besny, want hulle was nog nie besny nie, hulle is nie langs die pad besny nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hulle kinders het Hy in hulle plek gestel. Dit is hulle wat Josua besny het, want hulle was onbesnede, omdat hulle nie op pad besny is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het seuns gegee in die plek van hulle pa’s, en Josua het húlle besny. Hulle is nie op die pad van Egipte af hiernatoe besny nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is hierdie mense se seuns wat Josua nou besny het, omdat hulle nie op pad na die Beloofde Land toe besny is nie. Hulle moes nou hulle ouers se plek volstaan.