Joshua 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die kinders van Israel het veertig jaar in die woestyn gewandel totdat al die krygsmanne wat uit Egipte uitgetrek het, omgekom het, omdat hulle nie na die stem van die HERE geluister het nie; aan wie die HERE gesweer het dat Hy nie sou wou nie en wys hulle die land wat die HERE aan hulle vaders met 'n eed beloof het dat Hy ons sou gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het 40 jaar lank in die woestyn rondgetrek, totdat almal wat uit Egipte weg is wat kon oorlog maak, uitgesterf het. Hulle wou nie na die Here luister nie. Hy het daarom gesweer dat hulle nie die land sou sien wat Hy aan hulle voorouers beloof het nie. Dit is ’n baie vrugbare land.
Afrikaans 1933/1953 Want veertig jaar lank het die kinders van Israel in die woestyn getrek, totdat die hele volk omgekom het, die krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die stem van die HERE gehoorsaam was nie; vir wie die HERE gesweer het dat Hy hulle die land nie sou laat sien wat die HERE hulle vaders met 'n eed beloof het om aan ons te gee nie -- 'n land wat oorloop van melk en heuning.
Afrikaans 1983 die Israeliete het veertig jaar lank in die woestyn rondgetrek, totdat die hele nasie uitgesterf het, dit wil sê die weerbare manne wat uit Egipte getrek het en ongehoorsaam was aan die opdrag van die Here. Hy het destyds 'n eed afgelê dat hulle nie die land sou sien wat Hy met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee nie, 'n land wat oorloop van melk en heuning;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want veertig jaar lank het die Israeliete in die woestyn rondbeweeg, totdat die hele nasie krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, tot niet was, hulle wat nie na die stem van die Here geluister het nie, vir wie die Here gesweer het dat Hy hulle nie die land sal laat sien wat die Here aan hulle voorvaders met 'n eed beloof het om aan ons te gee nie – 'n land wat oorloop van melk en heuning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete moes 40 jaar lank deur die woestyn loop totdat al die mans gesterf het wat uit Egipte gekom het, almal wat kon oorlog maak. Want hulle was nie gehoorsaam aan die Here nie, en die Here het gesê hulle sal nie die land sien nie. Hy het vir hulle voorvaders belowe dat Hy die land vir ons sal gee. Dit is 'n land waar daar baie melk en heuning is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***