Joshua 5:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is die oorsaak waarom Josua besny het: Al die mense wat uit Egipte uitgetrek het, wat manlik was, ja, al die krygsmanne, het gesterf in die woestyn op die pad, nadat hulle uit Egipte uitgetrek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua moes almal besny omdat al die mans van die volk wat uit Egipte getrek het en wat oorlog kon gaan maak, langs die pad in die woestyn dood is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit is die rede dat Josua hulle besny het: Die hele volk wat uit Egipte uitgetrek het, die manspersone, al die krygsmanne, het op pad in die woestyn gesterwe, op hulle trek uit Egipte. |
| Afrikaans 1983 | Die rede waarom Josua die besnydenis moes uitvoer, is die volgende: die hele volk wat uit Egipte getrek het, die mans, al die weerbare manne, is op pad in die woestyn dood met die uittog uit Egipte; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En dit is die rede waarom Josua die besnydenis moes doen: Die hele volk wat uit Egipte getrek het, die mans, al die krygsmanne, is op pad in die woestyn dood, gedurende die uittog uit Egipte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoekom moes Josua dit doen? Want al die mans wat uit Egipte gekom het, almal wat kon oorlog maak, het in die woestyn gesterf nadat hulle uit die land Egipte gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [4-6] Josua moes hulle besny, want toe Israel uit Egipte weg is, was al die mans reeds besny. Maar gedurende die 40 jaar wat dit hulle geneem het om deur die woestyn te trek, is nie een van die seuntjies wat toe gebore is, besny nie. Teen Josua se tyd was die Israeliete wat uit Egipte getrek het al dood omdat hulle aan die Here ongehoorsaam was. Daarom dat Hy gesê het dat hulle nie die ryk en vrugbare nuwe land sou sien wat Hy aan hulle voorouers beloof het nie. |