Joshua 5:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die leërowerste van die HERE vir Josua: Maak jou skoen van jou voet af; want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011 Die leëraanvoerder van die Here se mag sê toe vir Josua: “Trek uit jou skoene. Jy staan op ’n heilige plek.” Josua het so gemaak.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die leërowerste van die HERE vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen.
Afrikaans 1983 Toe sê die leëraanvoerder van die Here vir Josua: “Trek jou skoene uit, want die plek waarop jy staan, is 'n gewyde plek.” Josua het dit gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die bevelvoerder van die leër van die Here het Josua geantwoord: “Trek jou sandale van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilig.” Josua het toe so gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof van die leër van die Here het vir Josua gesê: “Jy moet jou sandale uittrek, want jy staan op 'n gewyde plek.” Josua het dit gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die bevelvoerder van die Here se leër sê toe vir Josua: “Trek uit jou skoene, want jy staan op ’n plek wat aan die Here toegewy is.” En Josua het dit gedoen.