Joshua 5:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Nee; maar ek is nou as leërowerste van die HERE. Toe val Josua op sy aangesig na die aarde en aanbid en sê vir hom: Wat sê my heer aan sy dienaar?
Afrikaans (NLV) 2011 “Nie een nie,” sê die man, “ek is die aanvoerder van die hemelse leër. Ek is nou hier vir julle.” Josua het op die grond neergeval in aanbidding. Hy vra vir die man: “Wat wil Meneer vir sy dienaar sê?”
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?
Afrikaans 1983 “Nee,” sê die man, “ek is die aanvoerder van die leër van die Here. Daarom is ek hier.” Josua het diep gebuig en vir die man gesê: “Wat wil u aan my, u dienaar, sê?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het geantwoord: “Nee, maar ek is die bevelvoerder van die leër van die Here; daarom het ek gekom.” Josua het neergeval met sy gesig teen die grond, diep neergebuig, en vir hom gesê: “Wat wil my heer vir sy dienaar sê?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het vir hom gesê: “Nee, ek is die hoof van die leër van die Here, ek het nou gekom.” Josua het gebuig en hy het met sy gesig teen die grond gaan lê en gesê: “Wat wil Meneer vir my sê? Ek sal doen wat jy sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Nie een van die twee nie,” antwoord hy. “Ek is die bevelvoerder van die Here se leër.” Josua het uit eerbied diep voor die man gebuig en gesê: “Ek is tot u diens. Wat wil u vir my sê?”