Joshua 5:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Josua by Jerigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en kyk, daar staan 'n man teenoor hom met sy ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en vir hom gesê, Is U vir ons of vir ons teëstanders? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua was in die omgewing van Jerigo toe hy skielik ’n man voor hom sien staan met ’n swaard in sy hand. Josua het na hom toe gegaan en vir hom gevra: “Is jy ons vriend of ons vyand?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl Josua by J,rigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan 'n man teenoor hom met 'n ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande? |
| Afrikaans 1983 | Josua was naby Jerigo. Toe hy sien, staan daar 'n man voor hom met 'n ontblote swaard in die hand. Josua het na hom toe gegaan en hom gevra: “Is u aan ons kant of aan ons vyande s'n?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Josua naby Jerigo was, het hy opgekyk. Reg voor hom staan daar skielik 'n man met 'n ontblote swaard in sy hand. Josua gaan toe na hom en vra hom: “Is jy vir ons, of vir ons vyande?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Josua by Jerigo was, het hy 'n man voor hom sien staan. Die man het sy swaard in sy hand gehad. Josua het na die man toe gegaan en hy het vir hom gevra: “Is jy een van ons of is jy een van ons vyande?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op pad Jerigo toe het Josua skielik ’n man voor hom sien staan met sy swaard in sy hand. Josua stap toe na hom toe en vra: “Is jy ’n vriend of ’n vyand?” |