Joshua 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manna het die volgende dag opgehou nadat hulle van die ou koring van die land geëet het; en die kinders van Israel het nie meer manna gehad nie; maar hulle het daardie jaar van die vrugte van die land Kanaän geëet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op daardie dag dat hulle van die opbrengs van die land Kanaän begin eet het, het die manna opgehou. Die Israeliete sou nie meer manna eet nie. Van toe af het hulle die graan en vrugte begin eet wat in die land Kanaän geoes is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die dag nadat hulle van die opbrings van die land geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van Israel verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die opbrings van die land Kanaän in daardie jaar. |
| Afrikaans 1983 | Daardie oggend toe hulle van die opbrengs van die land eet, het die manna weggebly; daar was nie weer manna vir die Israeliete nie: hulle het daardie jaar van die land Kanaän se eie oes geëet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manna het opgehou die dag ná hulle van die vrug van die land geëet het. Daar was nie meer manna vir die Israeliete nie. Hulle het in daardie jaar van die opbrengs van die land Kanaän geëet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het nie meer manna uit die hemel geval nie. Dit het opgehou val van die dag toe hulle kos van die land Kanaän geëet het. Die Israeliete het nie weer manna gekry nie. Hulle het daardie jaar kos geëet wat in daardie land gegroei het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daardie oggend toe hulle van die kos van die land geëet het, het die manna vir altyd weggebly. Hulle het van toe af van hulle eie oeste in die land Kanaän geleef. Daar was nie weer manna nie. |