Joshua 5:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het laer opgeslaan in Gilgal en die pasga gehou op die veertiende dag van die maand teen die aand in die vlaktes van Jérigo. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle die Paasfees gevier het, was die Israeliete nog steeds by Gilgal op die vlakte by Jerigo. Hulle het dit op die veertiende dag van die maand teen die aand gevier. |
| Afrikaans 1933/1953 | Terwyl die kinders van Israel by Gilgal gelaer was, het hulle die pasga gehou op die veertiende dag van die maand in die aand, in die vlaktes van J,rigo. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl die Israeliete nog in Gilgal in die kamp was, het hulle die paasfees daar in die Jerigovlakte gevier, op die veertiende van die maand, in die aand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl die Israeliete by Gilgal gekamp het, het hulle op die veertiende dag van die maand teen die aand die Pasga gevier in die vlaktes by Jerigo. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het die Paasfees gevier terwyl hulle in die kamp by Gilgal was, in die Jordaan-vallei naby Jerigo. Dit was op die aand van die veertiende dag van die maand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl die Israeliete nog by Gilgal op die vlakte naby Jerigo gekamp het, het hulle die paasfees op die aand van die veertiende dag van die maand gevier. |