Joshua 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josua het twaalf klippe in die middel van die Jordaan opgerig, op die plek waar die voete van die priesters gestaan het wat die verbondsark gedra het, en hulle is daar tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het ook twaalf klippe in die middel van die Jordaan opmekaar laat stapel, daar waar die priesters wat die ark van die verbond gedra het, gestaan het. Daardie klippe is vandag nog daar.
Afrikaans 1933/1953 Josua het ook twaalf klippe opgerig in die middel van die Jordaan, op die plek waar die voete van die priesters, die draers van die verbondsark, gestaan het; en dit is daar tot vandag toe.
Afrikaans 1983 Josua het ook twaalf klippe binne-in die Jordaan opgerig, op die plek waar die priesters gestaan het wat die verbondsark gedra het. Die klippe is vandag nog daar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nog twaalf klippe is deur Josua in die middel van die Jordaan opgerig op die plek waar die voete van die priesters wat die verbondsark gedra het, gestaan het. Dit is daar tot vandag toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het twaalf klippe regop gesit in die Jordaan-rivier op die plek waar die priesters gestaan het wat die verbondskis gedra het. Die klippe is nou nog daar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josua het toe nog ’n herinneringsteken van twaalf klippe in die middel van die Jordaan opgerig op die plek waar die priesters met die verbondsark gestaan het. (Volgens oorlewering is hulle tot vandag toe nog daar.)