Joshua 4:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Israel het gedoen soos Josua beveel het, en twaalf klippe uit die middel van die Jordaan opgeneem, soos die HERE met Josua gespreek het, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel, en hulle saam met hulle na die plek waar hulle oornag het, en hulle daar neergelê.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het gemaak soos Josua vir hulle gesê het. Hulle het twaalf klippe vir elkeen van die twaalf stamme uit die middel van die Jordaan uitgedra, soos die Here vir Josua beveel het. Hulle het dit saam met hulle gevat na die plek waar hulle kamp sou opslaan. Hulle het dit daar opmekaargestapel.
Afrikaans 1933/1953 Die kinders van Israel het toe so gedoen soos Josua beveel het: hulle het twaalf klippe uit die middel van die Jordaan op-- getel soos die HERE met Josua gespreek het, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel; en hulle het dit saam met hulle deurgebring na die slaapplek toe en dit daar neergesit.
Afrikaans 1983 Die Israeliete het gemaak soos Josua gesê het. Hulle het die twaalf klippe in ooreenstemming met die getal stamme van Israel gevat soos die Here vir Josua gesê het, dit met hulle saam deurgeneem na die plek toe waar hulle sou oornag en dit daar neergesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Israeliete het gemaak soos Josua beveel het: Hulle het twaalf klippe, net soveel as die stamme van die Israeliete, uit die middel van die Jordaan opgetel, soos die Here vir Josua gesê het. Hulle het dit met hulle saamgeneem na hulle oornagplek en dit daar neergesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het gedoen wat Josua gesê het. Hulle het twaalf klippe in die Jordaan-rivier opgetel, een klip vir elke stam van die Israeliete. Hulle het die klippe saamgeneem en hulle het dit neergesit op die plek waar hulle die nag geslaap het. Die Here het vir Josua gesê hulle moet dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense het toe Josua se opdrag uitgevoer. Hulle het twaalf klippe, volgens die Here se opdrag aan Josua, in die middel van die Jordaan gaan optel, een vir elke stam. Hulle het hierdie klippe na hulle oornagkampplek toe gevat en daar neergesit.