Joshua 4:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josua sê vir hulle: Trek voor die ark van die HERE julle God oor in die middel van die Jordaan, en neem elkeen van julle 'n klip op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê vir hulle: “Gaan by die ark van die Here julle God verby tot in die middel van die Jordaan. Elkeen moet ’n klip op sy skouer tel sodat daar vir elke stam een is.
Afrikaans 1933/1953 en Josua het vir hulle gesê: Trek uit voor die ark van die HERE julle God tot binne-in die Jordaan, en tel vir julle 'n klip op, elke man een op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel,
Afrikaans 1983 en hy sê vir hulle: “Gaan by die ark van die Here julle God verby tot in die middel van die Jordaan en tel elkeen 'n klip op die skouer, in ooreenstemming met die getal stamme van die Israeliete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het vir hulle gesê: “Gaan voor die ark van die Here julle God uit tot in die middel van die Jordaan, en tel elkeen dan self 'n klip op sy skouer, net soveel as die stamme van die Israeliete,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy het vir hulle gesê: “Julle moet voor die kis van julle God die Here loop na die middel van die Jordaan-rivier, en julle elkeen moet 'n klip optel en op sy skouer sit, een klip vir elke stam van die Israeliete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en sê vir hulle: “Loop tot in die middel van die Jordaan, by die ark van die Here verby. Daar moet julle elkeen ’n klip optel en dit op julle skouers uitdra, een klip vir elkeen van die twaalf stamme.