Joshua 4:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En gee julle bevel aan hulle en sê: Neem julle hiervandaan uit die middel van die Jordaan uit, uit die plek waar die priesters se voete vas gestaan het, twaalf klippe, en julle moet dit saam met julle oordra en dit in die slaapplek laat julle sal in hierdie nag oornag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en sê vir hulle: ‘Kry twaalf klippe uit die middel van die Jordaan van die plek waar die priesters staan. Dra hulle saam met julle en gaan pak hulle op ’n hoop waar julle vannag gaan oorbly.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | en gee hulle bevel en sê: Neem vir julle vandaar, uit die middel van die Jordaan, van die plek waar die voete van die priesters vas bly staan het, twaalf klippe en bring dit saam met julle deur en sit dit neer op die slaapplek waar julle vannag gaan oorbly. |
| Afrikaans 1983 | en sê vir hulle: Vat hier uit die Jordaan, op die plek waar die priesters gestaan het, twaalf klippe en neem hulle saam met julle deur en sit hulle neer op die plek waar julle vannag oorbly.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en gee aan hulle opdrag, ‘Tel vir julle twaalf klippe op daar in die middel van die Jordaan, op die plek waar die voete van die priesters stewig staan. Neem dit saam met julle deur die rivier en sit dit neer op die plek waar julle vannag gaan oornag. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en julle moet vir hulle sê: ‘Julle moet hier in die middel van die Jordaan-rivier twaalf klippe optel, op die plek waar die priesters gestaan het. Julle moet die klippe saamneem en julle moet die klippe neersit op die plek waar julle vannag gaan slaap.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |