Joshua 4:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat al die volke van die aarde die hand van die HERE kan ken, dat dit magtig is, sodat julle die HERE julle God vir ewig kan vrees.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het dit gedoen sodat al die volke van die aarde kon erken dat die Here groot mag het, en dat julle solank julle lewe die Here julle God moet vereer.”
Afrikaans 1933/1953 dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die HERE sterk is, sodat julle die HERE julle God altyd mag vrees.
Afrikaans 1983 Hy het dit gedoen sodat al die volke van die aarde kan besef dat die mag van die Here groot is, en sodat julle die Here julle God altyd sal dien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat al die volke van die aarde mag weet dat die hand van die Here sterk is, en sodat julle altyd vir die Here julle God ontsag sal hê.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het dit gedoen sodat al die volke van die aarde moet weet dat die Here sterk is en sodat julle self julle God die Here altyd sal respekteer en dien.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het hierdie wonderwerk gedoen sodat al die volke van die aarde kan weet hoe magtig Hy is, en sodat julle die Here julle God altyd sal dien en eer.”