Joshua 4:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die HERE julle God het die waters van die Jordaan voor julle uit laat opdroog totdat julle deurgetrek het, soos die HERE julle God gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit opgedroog het totdat ons deurgetrek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here julle God het die water van die Jordaan voor julle laat wegdroog sodat julle daar deur kon gaan, net soos die Here destyds die Rietsee voor ons laat wegdroog het sodat ons daar deur kon trek.’
Afrikaans 1933/1953 deurdat die HERE julle God die water van die Jordaan voor julle uit laat opdroog het, totdat julle deurgetrek het, soos die HERE julle God gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit laat opdroog het, totdat ons deurgetrek het;
Afrikaans 1983 Die Here julle God het die Jordaan se water voor julle laat opdroog sodat julle kon deurgaan, net soos Hy met die Rietsee gemaak het toe Hy dit voor ons laat opdroog het sodat ons kon deurgaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want die Here julle God het die water van die Jordaan voor julle laat opdroog, totdat julle deurgetrek het, soos wat die Here julle God gedoen het met die Rietsee wat Hy voor ons laat opdroog het, totdat ons deurgetrek het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het die water van die Jordaan-rivier laat ophou vloei, sodat julle kon oorgaan. Julle God die Here het dit ook gedoen by die Riet-see. Hy het die see laat ophou vloei sodat ons kon deurgaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here julle God het die Jordaan se water voor julle laat opdroog sodat julle kon deurstap sonder dat julle voete nat word. Dit is presies soos Hy vroeër met die Rietsee gemaak het toe Hy dit voor ons laat opdroog het sodat ons kon deurgaan.