Joshua 4:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omtrent veertig duisend wat gereed was vir oorlog, het voor die aangesig van die HERE deurgetrek om te veg, na die vlaktes van Jérigo.
Afrikaans (NLV) 2011 Omtrent 40 000 mans gewapen vir oorlog het deur die rivier gegaan voor die ark van die Here uit na die vlakte van Jerigo.
Afrikaans 1933/1953 Omtrent veertig duisend wat vir oorlog gewapen was, het voor die aangesig van die HERE deurgetrek om te veg, na die vlaktes van J,rigo toe.
Afrikaans 1983 Omtrent veertig duisend gewapende manne het vir die oorlog die rivier deurgegaan voor die ark van die Here uit na die Jerigovlakte toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ongeveer veertigduisend het, gewapen vir die oorlog, voor die Here vir die geveg na die vlaktes van Jerigo deurgetrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het omtrent 40 000 manne voor die verbondskis oorgegaan na die Jordaan-vallei naby die stad Jerigo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ongeveer 40  000 van hierdie manne was reg om oorlog te maak. Hulle het deurgetrek na die vlaktes van Jerigo toe. Die Here was by hulle.