Joshua 4:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die helfte van die stam van Manasse het gewapen voor die kinders van Israel deurgetrek, soos Moses met hulle gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die gewapende vegters van die stamme van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse het aan die voorpunt van die Israeliete eerste deur die rivier getrek, soos Moses bepaal het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het gewapend voor die kinders van Israel deurgetrek soos Moses aan hulle gesê het. |
| Afrikaans 1983 | Die stamme Ruben en Gad en die halwe Manassestam het, soos Moses hulle beveel het, in formasie voor die Israeliete getrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die nageslag van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse het voor die Israeliete in slagorde deurgetrek, soos Moses vir hulle gesê het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne van die stamme Ruben en Gad en die halwe Manasse-stam het voor die Israeliete oorgegaan. Hulle was gereed om oorlog te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die groepe soldate uit die stam van Ruben en Gad, asook die halwe stam van Manasse, het eerste deurgegaan, soos Moses vroeër beveel het. |