Joshua 4:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die hele volk rein was, het die ark van die HERE en die priesters voor die volk deurgetrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die volk klaar deur was, het die priesters met die ark van die Here deurgetrek. Die volk het vir hulle gestaan en kyk.
Afrikaans 1933/1953 En toe die hele volk die deurtog voleindig het, het die ark van die HERE met die priesters voor die oë van die volk deurgegaan.
Afrikaans 1983 Toe die volk klaar deur is, het die ark van die Here deurgegaan. Die priesters was voor die volk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en toe die hele volk die deurtog voltooi het, het die ark van die Here en die priesters voor die volk deurgegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hulle klaar oorgegaan het, het die priesters die verbondskis van die Here ook oorgedra, en hulle het voor die volk geloop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Eers toe die hele volk deur is, het die priesters hulle met die ark van die Here gevolg.