Joshua 4:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die priesters wat die ark gedra het, het in die middel van die Jordaan gestaan totdat alles voltooi was wat die HERE Josua beveel het om met die volk te spreek, net soos Moses Josua beveel het; en die volk het gou deurgetrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priesters wat die ark van die verbond gedra het, het daar in die middel van die Jordaan bly staan totdat al die Here se opdragte wat Moses vir Josua gegee het, afgehandel was. Die volk het haastig deur die rivier getrek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priesters wat die ark gedra het, het bly staan in die middel van die Jordaan totdat alles volbring was wat die HERE Josua beveel het om aan die volk te sê, volgens alles wat Moses Josua beveel het; en die volk het gou deurgetrek. |
| Afrikaans 1983 | Die priesters wat die verbondsark gedra het, het in die Jordaan bly staan tot alles afgehandel was wat die Here vir Josua opgedra het om vir die volk te sê in ooreenstemming met alles wat Moses vir Josua beveel het. Die volk was haastig om deur te gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priesters wat die ark gedra het, het bly staan in die middel van die Jordaan, totdat alles afgehandel was wat die Here Josua beveel het om vir die volk te sê, net soos Moses vir Josua beveel het. Die volk het haastig deurgetrek; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesters wat die kis gedra het, het in die Jordaan-rivier bly staan totdat alles gebeur het wat die Here vir Josua gesê het. Josua moes vir die Israeliete alles sê wat Moses vir hom gesê het om te doen. Die Israeliete was haastig, hulle het vinnig oor die rivier gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die priesters wat die verbondsark gedra het, het in die middel van die Jordaan bly staan totdat al die Here se opdragte, wat Moses vir Josua gegee het, afgehandel was. Die volk het intussen vinnig deur die droë rivier na die oorkant toe gegaan. |