Joshua 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet die priesters wat die verbondsark dra, bevel gee en sê: As julle by die rand van die water van die Jordaan kom, moet julle stilstaan in die Jordaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê nou vir die priesters wat die ark van die verbond dra: ‘Sodra julle op die oewer van die Jordaan aankom, moet julle net daar bly staan.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee jy dan bevel aan die priesters wat die verbondsark dra, en sê: Net soos julle aan die kant van die water van die Jordaan kom, moet julle in die Jordaan bly staan. |
| Afrikaans 1983 | Sê nou vir die priesters wat die verbondsark dra, hulle moet by die Jordaan gaan staan wanneer hulle by die waterkant kom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gee jy dan aan die priesters wat die verbondsark dra, opdrag en sê, ‘Sodra julle by die kant van die water van die Jordaan kom, moet julle in die Jordaan gaan staan.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En jy moet self vir die priesters wat die verbondskis dra, sê: ‘Wanneer julle by die water van die Jordaan-rivier kom, dan moet julle in die rivier gaan staan.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sê vir die priesters wat die verbondsark dra dat hulle by die Jordaan se kant, in die rivier, moet wag as hulle daar aankom.” |