Joshua 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josua het met die priesters gespreek en gesê: Neem die verbondsark op en trek voor die volk oor. En hulle het die verbondsark opgeneem en voor die volk uit gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het vir die priesters gesê: “Tel op die verbondsark. Begin voor die volk uitloop.” Hulle het die ark van die verbond opgetel en voor die volk begin loop.
Afrikaans 1933/1953 En Josua het met die priesters gespreek en gesê: Neem die verbondsark op en trek weg voor die volk uit; toe het hulle die verbondsark opgeneem en voor die volk uit getrek.
Afrikaans 1983 Vir die priesters het Josua gesê: “Tel die verbondsark op en stap voor die volk uit.” Hulle het die verbondsark opgetel en voor die volk uit geloop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het vir die priesters gesê: “Tel die verbondsark op en trek voor die volk oor.” Hulle het toe die verbondsark opgetel en voor die volk geloop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het vir die priesters gesê: “Julle moet die verbondskis optel en julle moet voor die volk loop.” Die priesters het die verbondskis opgetel en hulle het voor die volk geloop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende môre het Josua die priesters beveel om die verbondsark op te tel en die volk die land in te lei.