Joshua 3:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, het standvastig op droë grond in die middel van die Jordaan gestaan, en al die Israeliete het op droë grond deurgetrek totdat die hele volk skoon deur die Jordaan getrek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priesters wat die ark van die verbond van die Here dra, het binne-in die Jordaan op droë grond gaan staan. Almal van Israel het deur die droë bedding gegaan totdat die hele nasie uiteindelik deur die Jordaan was.
Afrikaans 1933/1953 Maar die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, het onbeweeglik bly staan op droë grond binne-in die Jordaan, terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het.
Afrikaans 1983 Die priesters wat die verbondsark van die Here dra, het daar binne in die Jordaan op die droë bedding gaan staan terwyl die hele Israel oor die droë bedding deurgaan tot die hele nasie uiteindelik deur die Jordaan is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, het die priesters wat die verbondsark van die Here dra, in die middel van die Jordaan stewig op droë grond gestaan totdat die hele nasie die deurtog deur die Jordaan voltooi het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die Israeliete het op droë grond oorgeloop. Die priesters wat die verbondskis van die Here gedra het, het op droë grond in die Jordaan-rivier gestaan totdat al die mense klaar oorgeloop het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Intussen het die priesters wat die verbondsark van die Here gedra het in die middel van die droë rivierbedding bly staan terwyl die volk deurgetrek het. Hulle het daar bly staan totdat almal uiteindelik deur die Jordaan gestap het.