Joshua 3:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dat die waters wat van bo af neergedaal het, gestaan en opstyg het op 'n hoop baie ver van die stad Adam, dit is langs Saretan, en die wat afgekom het na die see van die vlakte, die Soutsee, het misluk en is uitgeroei: en die volk het regdeur Jérigo deurgetrek.
Afrikaans (NLV) 2011 het die water wat van bo af vloei, begin opdam tot so ver op as Adam, die stad langs Saretan. Die water wat afloop na die see in die Jordaanvallei, die Dooie See, was heeltemal afgesny. Die volk kon toe regoor Jerigo deur die rivier gaan.
Afrikaans 1933/1953 bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langs Sartan lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor J,rigo.
Afrikaans 1983 het die water wat afkom, gaan staan. Dit het op een hoop gaan staan, ver boontoe by Adam, die stad langs Saretan. Die water wat afloop na die see in die Jordaanvallei, die Soutsee, was heeltemal afgesny. Die volk het regoor Jerigo deurgetrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het die water wat van die bokant af kom, gaan staan. Dit het 'n wal gevorm en opgedam – baie ver terug, vanaf Adam, die dorp langs Saretan. Die water wat na die See van die Araba, die Soutsee, vloei, is volledig afgesny. Die volk het toe deurgetrek, reg teenoor Jerigo.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) het die water wat van die bokant gekom het, opgehou vloei. Die water was soos 'n hoë wal, en al die water tot ver by die stad Adam het opgehou vloei. Adam was 'n stad naby die stad Saretan. Die water by die onderkant het weggevloei na die Sout-see, die see in die Jordaan-vallei. Al die Israeliete kon deur die droë rivier loop oorkant die stad Jerigo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) het die water dadelik opgehou vloei. Dit het aan die bopunt by Adam, die dorp naby Sartan, begin opdam. Aan die onderpunt van die Jordaan het die water bly wegvloei na die Dooie See toe totdat die rivier opgedroog het. Daarna het die volk regoor Jerigo deur die rivier begin trek.