Joshua 3:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die draers van die ark by die Jordaan aangekom het, en die voete van die priesters wat die ark dra, in die rand van die water gedoop is, want die Jordaan loop oor al sy walle al die tyd van die oestyd,
Afrikaans (NLV) 2011 Die priesters wat die ark dra, het by die Jordaan aangekom. Dit was oestyd en die Jordaan het oor sy oewers geloop. Toe die priesters wat die ark dra hulle voete in die vlak water sit,
Afrikaans 1933/1953 en net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, terwyl die Jordaan vol was op al sy walle al die dae van die oes,
Afrikaans 1983 Die draers van die ark het by die Jordaan aangekom. Gedurende die hele oestyd is die Jordaan gewoonlik vol, oor al sy oewers. Toe die voete van die priesters wat die ark dra, in die vlakwater kom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Jordaan loop die hele oestyd kant en wal, maar net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die voete van die priesters wat die ark dra, in die water ingaan,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die tyd om die koring af te sny, en dan was die Jordaan-rivier altyd vol water, tot oor sy walle. Toe die priesters wat die kis gedra het, by die Jordaan-rivier kom, en hulle sit hulle voete in die water,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos gewoonlik in die oestyd was die Jordaan tot oorlopens toe vol. Toe die voete van die priesters wat die ark van die ooreenkoms met die Here gedra het, aan die water raak,