Joshua 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sodra die voetsole van die priesters wat die ark van die HERE, die HERE van die hele aarde dra, in die waters van die Jordaan sal rus, sal die water van die Jordaan afgesny word van die waters wat van bo af neerdaal; en hulle sal op 'n hoop staan.
Afrikaans (NLV) 2011 Sodra die priester-draers van die ark van die Here, die Heer van die ganse wêreld, se voete in die water van die Jordaan kom, sal die water wat van bo af vloei, begin opdam.”
Afrikaans 1933/1953 en net soos die voetsole van die priesters wat die ark van die HERE, die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word -- die water wat van die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan.
Afrikaans 1983 Wanneer die voetsole van die priesters aan die Jordaan se water raak, die priesters wat die ark van die Here dra, die Here van die hele aarde, sal die water van die Jordaan wat afkom, afgesny word en op een hoop gaan staan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer die voete van die priesters wat die ark van die Here, die Heer van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan tot rus kom, sal die water van die Jordaan, die water wat van bo af kom, afgesny word en in een massa opdam. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesters sal die kis van die Here dra, die Here van die hele aarde, en wanneer die priesters se voete in die water staan, dan sal die water wat van die bokant kom, ophou om af te vloei. Die water sal soos 'n wal bly staan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sodra die priesters wat die verbondsark dra hulle voete in die water sit, sal die Jordaan ophou vloei. Dan sal die rivier aan die een kant opdam.”