Joshua 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Josua: Hieraan sal julle weet dat die lewende God onder julle is, en dat Hy die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete sonder versuim voor julle uit sal verdrywe, en die Jebusiete.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê toe: “Vandag gaan julle weet dat die lewende God hier tussen julle is en dat Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdryf om vir julle plek te maak.
Afrikaans 1933/1953 Verder het Josua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar 'n lewende God tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe:
Afrikaans 1983 Daarna sê hy: “Hieraan sal julle weet dat die lewende God tussen julle is en dat Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete sekerlik sal verdryf om vir julle plek te maak:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het ook gesê: “Hieraan sal julle weet dat die lewende God in julle midde is en dat Hy beslis die Kanaäniete, die Hetiete, die Hewiete, die Feresiete, die Girgasiete, die Amoriete en die Jebusiete voor julle sal verdryf:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het gesê: “Ek sal vir julle sê hoe julle sal weet dat die God wat lewe, tussen julle sal wees. Hy is die God wat die Kanaäniete, die Hetiete, die Hewiete, die Feresiete, die Girgasiete, die Amoriete en die Jebusiete sal wegjaag om plek te maak vir julle. Hy sál dit doen, dit is seker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos julle die land intrek, sal Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete voor julle uitdryf om vir julle plek te maak. Dan sal julle weet dat die lewende God saam met julle is.