Joshua 24:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, opgestaan en teen Israel oorlog gevoer en gestuur en Bíleam, die seun van Beor, geroep om jou te vervloek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Toe het Balak, die seun van Sippor en koning van Moab, begin oorlog maak teen Israel. Hy het Bileam, die seun van Beor, laat kom om julle te vervloek.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, hom klaargemaak en teen Israel geveg; en hy het gestuur om B¡leam, die seun van Beor, te roep om julle te vervloek;
Afrikaans 1983 “Toe Balak seun van Sippor en koning van Moab teen Israel oorlog wou maak, het hy vir Bileam seun van Beor laat roep om 'n vloek oor julle uit te spreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Balak, seun van Sippor, die koning van Moab, gereedgemaak en teen Israel geveg. Hy het Bileam, seun van Beor, ontbied om julle te vervloek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Balak seun van Sippor, koning van Moab, besluit om oorlog te maak teen die Israeliete. Hy het vir Bileam seun van Beor laat haal om julle te vervloek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna wou die koning van Moab, Balak die seun van Sippor, teen julle oorlog maak. Hy het toe vir Bileam die seun van Beor gevra om julle te vervloek.