Joshua 24:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek het julle gebring in die land van die Amoriete wat oorkant die Jordaan gewoon het; en hulle het teen julle geveg; en Ek het hulle in julle hand gegee, dat julle hulle land in besit kan neem; en Ek het hulle voor jou uit verdelg.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het julle toe in die land van die Amoriete laat kom wat oos van die Jordaan gewoon het. Hulle het teen julle oorlog gemaak. Ek het julle egter die oorwinning oor hulle gegee. Julle het hulle land ingeneem. Ek het hulle uitgewis om vir julle plek te maak.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Ek julle gebring in die land van die Amoriete wat oos van die Jordaan gewoon het, en hulle het teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee, sodat julle hul land in besit geneem het, en Ek het hulle voor julle uit verdelg.
Afrikaans 1983 “Toe het Ek julle gebring na die land van die Amoriete wat oos van die Jordaan gewoon het. Hulle het teen julle oorlog gemaak, maar Ek het hulle in julle mag oorgegee sodat julle hulle land in besit kon neem. Ek het hulle uitgeroei om vir julle plek te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en toe het Ek julle ingebring in die land van die Amoriete, wat oorkant die Jordaan gewoon het. Hulle het teen julle geveg, maar Ek het hulle in julle hand gegee, sodat julle hulle land in besit geneem het. Ek het hulle voor julle verdelg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Ek julle gebring na die land van die Amoriete. Die Amoriete het oos van die Jordaan-rivier gewoon. Hulle het oorlog gemaak teen julle, en Ek het julle laat wen teen hulle. Julle het hulle land gevat, en Ek het hulle laat sterf om plek te maak vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe het Ek julle in die Amoriete se land, aan die oostekant van die Jordaan, laat intrek. Hulle wou teen julle oorlog maak, maar Ek het klaar vir julle die oorwinning gegee. Julle kon hulle land vir julle vat.