Joshua 24:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle die HERE aanroep, het Hy duisternis tussen julle en die Egiptenaars gestel en die see oor hulle gebring en hulle bedek; en julle oë het gesien wat Ek in Egipte gedoen het, en julle het 'n lang tyd in die woestyn gewoon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle vaders het na die Here geroep om hulle te help. Ek het dit donker laat word tussen julle en die Egiptenaars. Ek het die see oor die Egiptenaars laat spoel en hulle het daarin verdwyn. Julle het met julle eie oë gesien wat Ek met die Egiptenaars gedoen het. Daarna het julle baie lank in die woestyn vertoef. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar hulle het die HERE aangeroep, en Hy het 'n duisternis gestel tussen julle en die Egiptenaars en die see oor hulle laat kom, sodat dit hulle oordek het, en julle eie oë het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het. Daarna het julle baie dae in die woestyn gebly. |
| Afrikaans 1983 | Julle voorvaders het na My geroep om hulp, en Ek het dit donker laat word tussen julle en die Egiptenaars en die see oor die Egiptenaars laat kom sodat dit hulle bedek het. Julle eie oë het gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het. Daarna het julle lank in die woestyn gebly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het na die Here om hulp geroep, en Hy het dit donker laat word tussen julle en die Egiptenare. Hy het die see oor hulle laat kom en dit het hulle bedek. Julle het met julle eie oë gesien wat Ek in Egipte gedoen het. Daarna het julle vir 'n lang tyd in die woestyn gebly; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle voorvaders het tot die Here geroep en gevra dat Hy hulle moet help. Toe het die Here dit donker laat word tussen julle en die Egiptenaars, en Hy het die see oor hulle laat vloei sodat die water hulle toegemaak het. Julle het self gesien wat Ek met die Egiptenaars gedoen het. Ná daardie tyd het julle baie lank in die woestyn gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het hulle my hulp gevra om daar deur te trek. Ek het dit toe donker laat word tussen hulle en die Egiptenaars. Julle het met julle eie oë gesien hoe Ek die Egiptenaars in die Rietsee laat verdrink het. Daarna het Ek julle in die woestyn laat intrek, waar julle lank gebly het. |