Joshua 24:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek het julle vaders uit Egipte uitgelei, en julle het by die see gekom; en die Egiptenaars het julle vaders agtervolg met strydwaens en ruiters tot by die Skelfsee.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het julle voorouers uit Egipte bevry. Toe hulle by die Rietsee aankom, het Egipte hulle agternagesit met oorlogwaens en perde.
Afrikaans 1933/1953 Toe Ek julle vaders uit Egipte uitgelei het, het julle by die see gekom; maar die Egiptenaars het julle vaders agternagejaag met strydwaens en perderuiters na die Skelfsee toe;
Afrikaans 1983 Ek het julle voorvaders uit Egipte gebring, en toe hulle by die Rietsee kom, het die Egiptenaars hulle agtervolg met strydwaens en ruiters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het julle voorouers uit Egipte laat wegtrek, en julle het by die see aangekom. Die Egiptenare het julle voorouers met strydwaens en bemanning agtervolg tot by die Rietsee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Ek julle voorvaders uit Egipte gebring het, het julle by die see gekom, en die Egiptenaars het julle voorvaders gevolg en gejaag tot by die Riet-see. Die Egiptenaars het oorlogkarre en manne op perde gehad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het julle voorouers uit Egipte gelei, maar die Egiptenaars het hulle met strydwaens en gewapende perderuiters agtervolg. Toe hulle by die Rietsee aankom,