Joshua 24:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die gebeente van Josef wat die kinders van Israel uit Egipte laat optrek het, het hulle in Sigem begrawe op 'n stuk grond wat Jakob van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, gekoop het vir honderd sikkels silwer; erfdeel van die kinders van Josef. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josef se beendere wat die Israeliete saamgebring het uit Egipte, is in Sigem begrawe in die stuk grond wat Jakob by die nageslag van Gamor, die vader van Sigem, gekoop het vir 100 stukke silwer. Hierdie grond het aan die nakomelinge van Josef behoort. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook die gebeente van Josef wat die kinders van Israel uit Egipte saamgebring het, het hulle begrawe in Sigem, op die stuk grond wat Jakob van die kinders van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke gekoop het, en wat die kinders van Josef as erfdeel ontvang het. |
| Afrikaans 1983 | Die liggaam van Josef wat deur die Israeliete uit Egipte gebring is, is in Sigem begrawe, in die stuk grond wat Jakob by die nageslag van Gamor, vader van Sigem, gekoop het vir honderd stukke silwer. Die grond het die eiendom van die nakomelinge van Josef geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die beendere van Josef wat die Israeliete uit Egipte gebring het, het hulle in Sigem begrawe in die stuk veld wat Jakob vir honderd kesita gekoop het by die seuns van Gamor, die vader van Sigem. Dit was die nageslag van Josef se erfdeel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die Israeliete voorheen weggegaan het uit Egipte, het hulle Josef se bene saamgebring en hulle het dit begrawe in Sigem. Dit is die stuk grond wat Jakob gekoop het van die nageslag van Sigem, seun van Gamor. Jakob het 100 kesita daarvoor betaal. So het dit gebeur dat die grond aan die nageslag van Josef behoort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volk het Josef se liggaam wat hulle uit Egipte saamgebring het, in Sigem begrawe op die stuk grond wat Jakob by die kinders van Gamor, die vader van Sigem, vir 100 stukke silwer gekoop het. Josef se nageslag het daar gebly. |