Joshua 24:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Israel het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat Josua oorleef het en al die wee geken het.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel het die Here bly aanbid solank Josua geleef het en ook in die tyd van die leiers wat langer as Josua bly leef het. Hulle het alles ervaar wat die Here vir Israel gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En Israel het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat lank nJosua nog in die lewe was en met al die werke van die HERE bekend was wat Hy vir Israel gedoen het.
Afrikaans 1983 Israel het die Here bly dien tydens die lewe van Josua en tydens die lewe van die leiers wat vir Josua oorleef het en alles ervaar het wat die Here vir Israel gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Israel het die Here gedien gedurende Josua se leeftyd, en gedurende die leeftyd van die oudstes wat lank ná Josua nog geleef het en al die dade van die Here geken het wat Hy vir Israel gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl Josua gelewe het, het die Israeliete die Here gedien. Hulle het aangehou om Hom te dien, ook toe die leiers gelewe het wat geweet het wat die Here vir die Israeliete gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gedurende Josua se leeftyd het Israel die Here bly dien. Na sy dood het hulle dit nog bly doen terwyl die leiers, wat alles self ervaar het wat die Here vir hulle gedoen het, nog geleef het.