Joshua 24:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek het jou vader Abraham van die oorkant van die vloed af geneem en hom deur die hele land Kanaän gelei en sy nageslag vermeerder en aan hom Isak gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het julle vader Abraham van anderkant die Eufraat laat kom en hom deur die hele land Kanaän laat rondtrek. Ek het vir hom ’n groot nageslag gegee. Ek het vir hom Isak gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek het julle vader Abraham van oorkant die Eufraat af geneem en hom deur die hele land Kanaän laat trek en sy nageslag vermeerder en Isak aan hom gegee; |
| Afrikaans 1983 | Ek het julle voorvader Abraham anderkant die Eufraat geneem en hom die hele Kanaän laat deurgaan. Ek het hom baie nakomelinge gegee. Aan hom het Ek vir Isak gegee, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Ek het julle voorvader Abraham van anderkant die Rivier af geneem en hom deur die hele land Kanaän laat trek. Ek het sy nageslag vermeerder: Ek het aan hom Isak gegee, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het toe julle voorvader Abraham weggeneem van anderkant die Eufraat-rivier en Ek het hom deur die hele land Kanaän laat gaan. Ek het sy nageslag baie laat word. Ek het vir hom 'n seun gegee, sy naam was Isak, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het julle voorvader Abraham uit die gebied anderkant die Eufraat laat wegtrek en hom die hele land Kanaän laat deurtrek. Ek het vir hom ’n groot nageslag gegee. Sy seun was Isak. |