Joshua 24:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal vir ons 'n getuie wees; want dit het al die woorde van die HERE gehoor wat Hy met ons gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het vir die hele volk gesê: “Sien julle hierdie klip? Dit is ’n getuie teen ons. Hy het alles gehoor wat die Here vir ons gesê het. Dit sal ’n getuie teen julle wees as julle nie julle woord teenoor God hou nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal 'n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die HERE gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal 'n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir die hele volk gesê: “Sien julle dié klip? Hy sal die getuie teen ons wees. Hy het alles gehoor wat die Here vir ons gesê het. Hy sal die getuie teen julle wees dat julle nie julle God bedrieg nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua het vir die hele volk gesê: “Kyk, hierdie klip sal 'n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die Here wat Hy met ons gepraat het, gehoor; en hy sal teen julle 'n getuie wees, sodat julle nie julle God verloën nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua het vir die hele volk gesê: “Hierdie klip sal vir ons 'n getuie wees, want die klip het alles gehoor wat die Here vir ons gesê het. Die klip sal die getuie wees sodat julle nie vals is met julle God nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê hy vir die volk: “Hierdie klip is die getuie van alles wat die Here vir ons gesê het. As julle nie julle woord hou nie, sal hierdie klip God se getuie teen julle wees.” |